Thursday, November 6, 2014

Kreatiewe Uitlewing 'n MOET vir Graad 10-12 Tuisskolers



Creativity is as important now in education as literacy and we should treat it with the same status.” ― Ken Robinson


Of tuisskolers kreatiwiteit meer belangrik ag as hoofstroomskole is sekerlik debatteerbaar, maar een ding is verseker: tuisskoolouers het groter beheer oor hul kind se kreatiewe stimulasie, aangesien hulle meer beheer oor die tuisskoler se dagprogram het. Dit is alombekend dat van die mees bekende kreatiewe uitvinders in die geskiedenis, ook tuisskolers was (bv. Thomas Edison, Alexander Graham Bell en Michael Faraday). As hulle ouers hul kreatiwiteit lewendig kon hou tydens tuisskoling, dan kan ons mos ook...

Tog is dit jammer om te sien dat sommige tuisskolers se kreatiewe blootstelling tot jonger grade beperk word. Talle hoĆ«rskool tuisskolers se kreatiewe aktiwiteite word gestaak sodra hul Graad 8 of 9 betree.  Die redes hiervoor is sekerlik uitgebreid, maar is onder andere dat: 
  • ouers en leerders dink dat kreatiwiteit by jonger kinders, wat nog tyd het om te speel, hoort, 
  • leerders as gevolg van groepsdruk reken dat dit nie "cool" is om nog bv. pottebakkersklas op 16 jarige ouderdom te neem nie!
Talle tuisskoolgroepe en tuisskoolsentrums poog wel om kreatiewe ontspanning vir tuisskolers te bied waar hul saam met ander tuisskolers kreatief kan wees en kan sosialiseer. Ongelukkig is dit weer eens die jonger tuisskolers wat gewillig aan hierdie gesellige groepsaktiwiteite deelneem. Meeste hoƫrskoolleerders vind nie dat hierdie samekomste geskik vir hulle ouderdom en belangstelling is nie en staan dan net verveeld rond of neem nie heelhartig aan die aktiwiteite deel nie.

Hoe kan ek my tuisskooltiener sy kreatiwiteit laat uitleef?

Kreatiewe uitlewing is nie alleen terapeuties nie, maar ook opvoedkundig en behoort dus beslis 'n integrale deel van elke senior tuisskoler se tuisskoolprogram te wees. Senior tuisskolers beleef soms erge akademiese druk as gevolg van die werkslas en het juis kreatiewe afleiding nodig! 

Jy kan jou senior tuisskoler 'n verskeidenheid aktiwiteite laat doen wat net 'n paar lesse behels en dan oor en verby is. Korter kursusse werk altyd goed, aangesien mens die kursus rondom die leerder se program kan beplan. So 'n kursus is gewoonlik kort en kragtig genoeg en verhoed dat die leerders se akademie daaronder ly of dat hul verveeld met die inhoud raak.

Die volgende kursusse is maklik bekombaar en werk uitstekend vir die senior tuisskoler:
  • Mosaiek kursus, 
  • Loodglaskursus, 
  • Koekversiering - seuns is mal daaroor! 
  • Houtwerk 
  • Webwerf ontwerp
  • Lintborduurwerkkursus
  • Naeltegnikus-kursus en ja, selfs seuns vaar ook uitstekend hiermee as hul daarvan hou om met hul hande te werk!
  • Fotografie
  • Ballroomdanskursus
Leerders wat hierdie tipe kursusse doen, ontwikkel nie net hul kreatiwiteit nie, maar leer so speel-speel vaardighede aan waarmee hul iets kan doen om 'n sakgeldjie te verdien. 

Graad 10-12 leerders wat by Cum Laude Akademie Tuiskoolsentrum inskakel word sterk aangemoedig om aan kreatiewe aktiwiteite in hul vrye tyd deel te neem. Ons poog om die leerder in totaliteit te ontwikkel sodat hul aan die einde van Graad 12 goed gebalanseerde, kerngesonde mense kan wees.    

*****
So of jou tuisskoler leer skilder, leer naaldwerk doen, leer swys of leer koekversiersier, die ontwikkeling en uitlewing van hul kreatiwiteit is net so belangrik soos om te leer lees en skryf. Kunsaktiwiteite is daarvoor bekend om leerders te laat ontspan, terwyl dit so stilletjies in die agtergrond akademiese ontwikkeling stimuleer.

Creativity is as important now in education as literacy and we should treat it with the same status.” ― Ken Robinson


--------------------------------------------------------

Cum Laude Akademie is 'n geregistreerde SACAI Assesseringsentrum in Centurion. Graad 10-12 tuisskolers woon daagliks die tuisskoolsentrum by en gebruik dieselfde KABV sillabus as wat die skole gebruik. Die Cum Laude sentrumleerders word afgerig en toegrus om die jaar se sillabus betyds te voltooi en slaggereed vir die eksamen te wees. Graad 12 leerders skryf die Nasionale Senior Sertifikaateksamen en ontvang 'n Umalusi-sertifikaat, wat toegang verleen tot universiteite en kolleges, mits die vakkeuses en uiteindelike prestasies dit toelaat. *Afstandsleer opsies is ook beskikbaar.* Bepalings en voorwaardes geld.

Registrasies vir Graad 10-11 leerders in 2015 is nou oop.